FOTO Instagram / @gigihadid

FOTO Instagram / @gigihadid

Hieroor praat mense

Wat jy moet weet oor threading

Miskien het jy al gehoor van threading. Of jy het dalk al vroue in winkelvensters sien sit met ’n skoonheidsterapeut oor hul gesig gebuk terwyl dié terapeut ’n garedraadjie tussen haar vingers rol. En toe hoor jy dit gaan hier oor ’n metode om jou wenkbroue te vorm en allerhande klein haartjies te verwyder. Maar dit maak nie regtig vir jou sien nie … tot die dag dat jy self in daardie stoel gaan sit. Lees hier hoe om jouself voor te berei. 

Die gebruik van dun garedraadjies om wenkbrouhaartjies te verwyder (threading) is nou baie gewild. Met dié tegniek kan ’n terapeut meer presies werk om die perfekte wenkbrouvorm te skep, en die fynste haartjies kan só verwyder word.

Ons het gaan hoor wat die skoonheidsterapeut wil hê jy moet weet voordat jy in haar stoel gaan sit en ook wat sy ná die tyd vir jou wil sê. Cindy Moore, hoof van opleiding en kliëntedienste by Eyecandy Brows, vertel meer.

1. Threading rek of trek nie aan die vel rondom jou oë soos ander tegnieke doen nie. Die garedraadjie word tussen die terapeut se vingers gerol en gedraai om hare te verwyder. Dit gebeur baie sagkens en rig nie ekstra verouderingskade op die dun en sensitiewe vel rondom jou oë aan nie.

2. Dit is ’n interaktiewe proses. Die skoonheidsterapeut kan jou vra om die vel rondom jou wenkbroue met jou vingers styf te trek en te ondersteun. As jy die bokant van jou lip of rondom jou mond ook wil skoonmaak, sal jy met jou tong teen die binnekant van jou mond moet druk.

3. As jy ’n sensitiewe mens, sal die sensasie ’n nies of twee en beslis ’n traan hier of daar aanwakker. Maar moenie bekommerd wees nie, dis niks buitengewoon nie. Snesies is altyd byderhand.

4. Threading is meer natuurlik, eerder as indringend, so jy hoef nie bang te wees vir ingroeihare of ’n veluitslag nie. Die hare word van die wortel af verwyder.

5. Probeer om vir agt uur daarna geen grimering te dra nie, veral as dit jou eerste keer is. Enige haarverwyderingsmetode maak porieë oop en maak dus jou vel meer geneig tot infeksie.

Soek jy ’n nuwe wenkbrou-vorm? Gebruik hierdie metode om dit uit te groei!

6. Verwag aan die einde van die sessie ’n strelende massering oor al die areas wat deur die garedraadjies geraak is. Gebruik ’n aloe vera- of antiseptiese room om die swelling en rooiheid te verminder.

7. Soos jy sit, sal jy die ligte haartjies voel val soos die garedraadjies dit verwyder. Moenie bekommerd wees nie, dit voel na baie meer as wat dit werklik is. Die dun garedraadjie kry dit reg om baie meer te verwyder as wat ander haarverwyderingsmetodes kan doen. Daardie “fluff” waaraan jou grimering so graag sit, word maklik verwyder.

8. Hierdie is die laaste plek waar jy hoef skaam te voel oor die haartjies op jou gesig. Hierdie terapeute het al alles gesien. Daar is verskeie opsies vir die plekke wat jy graag sal wil thread – van jou hele gesig tot jou nek, ken, wange, ensovoorts.

9. Laastens, dit is regtig vinnig.

Jy sal Eyecandy Brows landwyd in verskeie Woolworths-takke vind.

#WatJyMoetWeet

Lees nou

Wonder-wenkbroue

Kry só die perfekte wenkbroue