FOTO Twitter

Hieroor praat mense

Wat! Is dit die nuwe Beckingham-paleis?

Die glanspaartjie David en Victoria Beckham onderhandel blykbaar om hierdie spoghuis in Los Angeles vir ’n koel R2,7 miljard aan te skaf nadat hulle hul eiendom van R415 miljoen in Bel Air in die mark gesit het. Eina!

Die Los Angeles-huis spog met 123 vertrekke en dis geleë op ’n landgoed van sowat 1,9 hektaar groot. Jy kan op die webwerf van die agentskap Hilton and Hyland  gaan kyk hoe die huis lyk.

Noudat twee van die Beckham-seuns ook hul eie plek in die kalklig volstaan – Cruz met ’n platekontrak en Brooklyn met ’n fotoboek-kontrak van Penguin – is die huis beslis groot genoeg vir ’n hele gesin van supersterre.

TheManor-800x500_c

FOTO Hilton and Hyland

Die landgoed, wat die grootste in die Los Angeles-distrik is, spog met ’n tamaai swembad, tennisbaan, 27 badkamers en 14 slaapkamers.

594Mapleton_1-800x500_c

FOTO Hilton and Hyland

Geen einde aan die uitspattighede nie. ’n Gimnasium, ’n kegelbaan, vier dubbele motorhuise en parkering vir 100 motors is alles deel van die “winskopie”.

594Mapleton_4-800x500_c

FOTO Hilton and Hyland

Goeie genugtig!

Lees nou

Sjoe, Lady Gaga sal jou laat huil

Desiré se planne vir Kersfees

Waar gaan Camilla en Harry nou rook?