FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Wayde van Niekerk se goue hart

Die Bloemfonteiner Wayde van Niekerk is die enigste atleet in die geskiedenis wat kampioentye in die 100 m, 200 m én 400 m kon opstel. En nóú is hy reg vir vanjaar se Olimpiese Spele in Rio. Maar wanneer hy nie op die baan oefen nie, is hy besig om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Wayde het R500 000 aan die Groote Schuur-hospitaal se eenheid vir vroeggebore babas geskenk, berig Netwerk24. Hy is self vroeggebore en het op 29 weke sy opwagting gemaak.

Lees die volledige berig op Netwerk24.

FOTO: Instagram (@waydedreamer)

FOTO: Instagram (@waydedreamer)

In SARIE se Mei 2016-uitgawe het Lydia van der Merwe met die blitsige Wayde gesels. Hier volg ’n kort uittreksel. 

Koerantberigte verwys na jou nederigheid. Hoe bly jou voete op die grond?

Ek is ’n doodgewone ou wat my lewe probeer leef so goed ek kan. Dat so baie mense my ondersteun, hou my nederig. My ma, stiefpa, Ans … eintlik my hele familie is rolmodelle. Hulle het sekere eienskappe en ’n ingesteldheid waaruit ek kan put om my eie karakter te bou.

Talent is nie genoeg nie. Wat het jy wat jou een van die vinnigste 400 m-atlete in die geskiedenis maak?

Ek glo God het my die talent gegee en ek moet net my kant bring. Ek is toegewyd, positief. Ek respekteer die mense om my en probeer ander help waar ek kan.

Lees nou

Jy kan Jamie Oliver regstreeks sien kook!

Atleet Caster Semenya fokus nou op 800 m