FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Wayde in syfers

Vandag is die naam op die wêreld se lippe nie Usain Bolt nie, maar eerder Wayde van Niekerk. Die Suid-Afrikaner maak geskiedenis deur ’n goue medalje sowel as ’n nuwe wêreldrekord huis toe te bring! 

Hier’s blitsige Wayde in syfers:

– Wayde is die eerste atleet wat die 100 m onder 10 sekondes, die 200 m onder 20 sekondes én die 400 m onder 44 sekondes gehardloop het!

– Hy laat die 17-jarige wêreldrekord van Michael D. Johnson spat. Michael het in 1990 die 400 m in 43.18 sekondes voltooi. Vanoggend het Wayde dít in net 43.03 sekondes gehardloop!

– Wayde is die eerste Suid-Afrikaner in 96 jaar wat die 400 m by ’n Olimpiese Spele wen. In 1920 het Bevil Rudd van Kimberley goud gewen in dié item by die Spele in Antwerpen, België.

Kyk net hoe hardloop Bevil:

Kyk net hoe hardloop Wayde:

Bronne: Daily Mail, Bloomberg, News24

Lees nog oor Wayde

Tannie Ans help Wayde wen!

Dís wat Usain vir Wayde gesê het

Wayde van Niekerk se goue hart