mood verhouding pixabay
Hieroor praat mense

Wees só meer aantreklik

Wie wil nie meer aantreklik wees nie? Maar aantreklikheid het min te make met jou voorkoms, sê terapeut John Kim in Psychology Today

Wees bewus van jou aantreklikheid

Dit gaan nie oor jou uiterlike nie, maar oor jou energie, karakter, emosionele intelligensie, lewenshouding en jou algehele vibe, sê John.

Vra jouself af: Trek ek mense aan of stoot ek hulle af? Hoe tree mense teenoor my op?

Mood Unsplash jeug skoonheid

FOTO Unsplash

Kyk na jou 7 basiese behoeftes

“Daar is niks so aantreklik soos iemand wat na hulself kyk nie,” meen John.

Jou 7 basiese behoeftes waarna jy moet omsien, is:

• emosioneel
• spiritueel
• fisiek
• intellektueel
• seksueel
• finansieel
• passie

Reaktiewe houding

As jy reaktief is, is jy in die gewoonte om net te reageer teenoor mense om jou. “Niemand hou daarvan om te voel asof sy deur ’n mynveld loop nie,” sê John.

Vra jouself af: Dink jy oor hoe jou woorde en aksies diegene om jou raak, of reageer jy sonder om te dink?

FOTO Unsplash / Charlie Foster

FOTO Unsplash / Charlie Foster

Lees die volledige artikel op Psychology Today se webtuiste.

Addisionele bron: My Domaine

Lees nou

Dié bekende akteur is die aantreklikste

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

Mans hanteer verbrokkelde verhoudings erger as vroue

Verhoudingsblog: “Ek wil nie skei nie, hy wil” – hier’s raad