Jailoshini Naidoo (Jennifer Kandasamy) en Maeshni Naicker (Shanti Naidoo) uit Keeping Up With The Kandasamys
FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Jailoshini Naidoo (Jennifer Kandasamy) en Maeshni Naicker (Shanti Naidoo) uit Keeping Up With The Kandasamys FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Hieroor praat mense

WEN kaartjies na Keeping up with the Kandasamys

Die plaaslike wenspan agter Hard to Get en Happiness is a Four-Letter Word is terug in ons rolprentteaters met ’n splinternuwe gesinskomedie! Die nuwe fliek, Keeping up with the Kandasamys, het weer die Durbanse filmmaker Jayan Moodley (White Gold) as regisseur, met Helena Spring en wyle Junaid Ahmed wat in die vervaardigerstoel was.

Keeping up with the Kandasamys, wat deur Moodley beskryf word as “’n liefdesbrief aan Chatsworth”, is in dié Indiese woonbuurt in Suid-Durban verfilm.

Jailoshini Naidoo (Eastern Mosaic, Lotus FM) en Maeshni Naicker (Broken Promises) vertolk die hoofrolle as twee aartsvyand-buurvroue wie se kinders op mekaar verlief raak – ondanks die twee matriarge se pogings om die verhouding te kelder. Dit dwing die vroue om te besef dat “ware liefde altyd wen”.

KUWTK-1024x380

 

Shanti Naidoo (Maeshni Naicker) is ’n tipiese A-persoonlikheid. Sy is pal besig, gaan uit haar pad om mense gelukkig te hou en probeer vergoed vir haar tekortkominge deur gereeld ’n storm los te kook. Haar lewe sou perfek gewees het as dit nie was vir haar buurvrou, Jennifer Kandasamy (Jailoshini Naidoo), wat haar altyd een voor is nie.

Wanneer Jennifer besef haar dogter, Jodi (Mishqah Parthiephal), is verlief op Shanti se seun, Prinesh (Madhushan Singh), is sy vasberade om die verhouding stop te sit. Maar sy benodig die hulp van haar aartsvyand om die plan uit te voer. Die twee vroue konkel en soek saam ander maats vir hul kinders en meng oral in waar hulle kan.

Mishqah Parthiephal (Jodi Kandasamy) FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Mishqah Parthiephal (Jodi Kandasamy)
FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Madhushan Singh (Prishen Naidoo) FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Madhushan Singh (Prishen Naidoo)
FOTO Helena Spring Films / Junaid Ahmed Productions

Ander bekendes, soos Mishqah Parthiephal, Madhushan Singh, Mariam Bassa, Rajesh Gopie, Koobeshen Naidoo en Neil Govender, is ook in die fliek te sien.

Die film word op 3 Maart landwyd uitgereik.

Jy kan kaartjies WEN!

Twee gelukkige lesers gaan elk ’n dubbelkaartjie WEN na die première van Keeping up with the Kandasamys in Johannesburg.

Datum: Donderdag 23 Februarie

Tyd: 18:00 vir 18:30

Plek: Ster Kinekor, Cedar Square, Fourways

Kleredrag: Keeping up with the Trends

Vul jou besonderhede hieronder in om in aanmerking te kom. Slegs die kaartjies is by die prys ingesluit. Ander onkoste soos vervoer word deur die wenners self betaal.

Die kompetisie sluit op Donderdag 16 Februarie.

Keeping Up With The Kandasamys