girl with camera
Hieroor praat mense

WEN ‘n fotografiekursus

12 SARIE-lesers kan elk ’n beginnerkursus ter waarde van R3 880 elk wen!

Jy het ’n nuwe kamera, maar is nie seker hoe al die funksies werk nie. Of jy wil graag jou vaardighede uitbrei. In dié vyf weke lange beginnerkursus in digitale fotografie met ’n DSLR-kamera, aangebied deur die College of Digital Photography (CODP), sal jy al die basiese beginsels vir fotografie leer.

Buiten dié kursus bied die professionele fotograwe by die CODP ook meer gevorderde kursusse in fotografie, videografie en Photoshop aan. Kursusse kan ook aangebied word volgens jou belangstellings, soos troues, ateljee-skote en natuurfotografie. En vir diegene wat daaraan dink om fotografie as loopbaan te volg, is daar ’n kursus oor 6 maande.

Waarom dus langer wag om jou vaardighede te verbeter?

CODP het drie kampusse: in Saxonwold, Fourways en Pretoria. Klasse in die week is saans van 18:00 tot 21:00, en weekoggende en Saterdae van 09:30 tot 12:30.

Vir meer inligting, skakel 0861 178 646 of stuur ’n e-pos na photo@codp.co.za. Besoek ook www.codp.co.za

shutterstock_181387796b

BEPALINGS & VOORWAARDES
Pryse is geldig vir 1 jaar vanaf die datum waarop die wenners in kennis gestel word. Die kursusse kan by enige van die 3 kampusse in Gauteng – Saxonwold, Fourways of Pretoria – gevolg word. Vervoer en verblyf is nie ingesluit nie. Wenners moet hul eie DSLR-kamera of spieëllose kamera, asook driepoot hê. Alle standaard-voorwaardes vir bespreking geld.

SMS EN NEEM DEEL
VRAAG: Hoeveel kampusse het die College of Digital Photography?

SMS die sleutelwoord FOTO, gevolg deur die antwoord (geen leestekens), jou naam, van, ID-nommer, telefoonnommer, e-pos- en posadres na die nommer 32609. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)

SLUITINGSDATUM 28 Februarie 2015
Die wenners sal teen 15 Maart 2015 telefonies in kennis gestel word.

Print