Hieroor praat mense

WEN ‘n spa-bewys & ekspo-kaartjies ter waarde van R3 250

Geld, familie, werk, gesondheid en jou aftrede – dis die dinge waaroor ons dikwels kwelvrae het. Hoe beplan ek vir my aftrede, waar begin ek? Sal ek genoeg hê om van te leef? Die jaarlikse Retirement Expo, wat vanaf 25 tot 27 Oktober 2013 by die Coca-Cola Dome in Johannesburg gehou word, is ‘n geleentheid waar jy antwoorde op dié vrae kan kry.

Of jy bloot nuuskierig is of op soek na persoonlike advies, die Retirement Expo bied jou alles wat jy nodig het om jou aftrede te beplan. Van gesondheids- en finansiële dienste tot reis-advies, leefstylbeplanning en eiendomsinligting. Dit word aangebied deur die Efficient Group.

Volgens uitstaller Lynda Smith van Retirement Network moet jy die volgende in gedagte hou:

  • Tussen 45 en 50 moet jy begin vrae vra oor jou toekoms, en beplan hoe die pad ná jou aftrede gaan lyk.
  • Daarna moet jy dié plan elke 5 jaar hersien om seker te maak dit is steeds relevant. Die wêreld verander teen ‘n skrikwekkende pas en jou planne moet in plek wees.

Besoek www.retirementexpo.co.za of lees meer op Facebook en Twitter @retirementexpo

Jy kan WEN!

  • WEN ‘n spa-bewys vir twee by die Mangwanani Spa, asook dubbelkaartjies vir die Retirement Expo.
  • Nóg 10 mense kan elk dubbelkaartjies vir die Retirement Expo WEN. (Jy moet in die omgewing bly, ons verskaf nie vervoer of verblyf nie.)

**Reëls: Die spa-bewys vir die Moonlight Night Spa-pakket vir twee by enige Mangwanani-tak is geldig vanaf 1 Oktober 2013 tot 1 April 2014 (Desember uitgesluit). Jy kan dit slegs Dinsdae, Woensdae en Donderdae gebruik (nie Maandae, Vrydae, Saterdae of Sondae nie). Die spa-bewys mag nie vir kontak geruil of deur iemand anders gebruik word nie.

Jy kan WEN - vul jou besonderhede in