Tim Laman
FOTO Instagram /@timlaman

Tim Laman FOTO Instagram /@timlaman

Hieroor praat mense

Wenfoto van Wildfotograaf

Al dra ’n aap ’n goue ring, bly hy maar ’n lelike ding. Tog het die Amerikaanse fotograaf Tim Laman se foto van ’n oerang-oetang vir hom die titel van wildfotograaf van die jaar in die sak gebring!

Die wenners is onlangs by die Natural History Museum in Londen aangewys. Om hierdie foto te kon kry het Laman self drie dae in bome tot 30 meter bo die grond rondgeklouter. Hy het GoPro-kameras geïnstalleer om die perfekte foto te kon neem.

Besoek sy Instagram-blad vir meer foto’s.

Kyk net sy wenfoto hier:

Die Suid-Afrikaanse fotograaf Lance van de Vyver se foto van ’n leeu wat met ’n ietermagog speel is as een van die finaliste aangewys.

Kyk net sy foto hier:

Laman werk gereeld vir National Geographic en dié foto gaan in die Desember 2016-uitgawe verskyn. Kyk net wat het hy drie jaar gelede aangevang om die perfekte foto in die bome te neem.

Klik hier vir die volledige foto’s.

Lees nou

Wat? Nog ’n 90’s trend is terug…

Natuurfilms deur Leonardo DiCaprio en ander op pad!

Nóg ’n bekende word pa!