FOTO Phyllis Green

Hieroor praat mense

Net 132 dae se water oor – help só

Groot dele van ons land het dringend water nodig. Ons kort die reën. Volgens Eyewitness News het Kaapstad net 132 dae se water oor. Elke persoon moet nou inspring en help om water te spaar. 

In die Maart 2016 uitgawe van SARIE skryf Lydia van der Merwe: “Die geriewe van die moderne lewe pantser stedelinge grootliks teen die werklikheid van die droogte. Kos raak duurder en dit raak ons sak, ja. Maar daar is plattelandse gemeenskappe in afgeleë gebiede van ons land waar mense nou al maande lank nie ’n druppel kraanwater gesien het nie. En die boer is natuurlik in die eerste linie as die droogte alles platvee. Hy ken die nood, dood wat daarmee gepaard gaan.”

Water is ’n emosionele kwessie soos die artikel in SARIE verder lui: “Die dor, uitmergelende somer sleep voort. Dit laat ons opnuut besef: Water is lewe, sonder water is daar niks.”

 

Hier’s ’n paar wenke vir elke area van jou huis:

Badkamer

• Draai die kraan toe terwyl jy tande borsel. Die Wes-Kaapse regering sê dít kan tot 20 liter water per maand spaar!

• As jy 5 minute lank stort, spaar jy ’n derde van die water van ’n gemiddelde bad-sessie.

• Om te bad kan tussen 80 – 150 liter water gebruik.

• Verander jou stortkop na een wat minder water gebruik.

• Spoel die toilet net wanneer dit nodig is. Gooi snesies, insekte en ander items eerder in die drom. Om die toilet een keer te spoel gebruik 12 liter water!

• Maak seker daar is nie ’n lek in een van die pype in jou huis nie, dit kan duisende liters water spaar.

• ’n Druppende kraan kan tot 30 liter per uur mors, dis 10 000 liter per jaar!

Opwaskamer

• Kies ’n wasmasjien wat minder water gebruik.

• Gebruik grys water (gebruikte water van jou bad en wasmasjien en ander veilige bronne) om jou toilet te spoel.

Kombuis

FOTO: Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

• Kook net soveel water soos wat nodig is.

• Was dadelik jou skottelgoed, veral potte, voordat die kosreste daarin hard word en met water saggemaak moet word.

• Ontvries jou vleis oornag pleks daarvan om water te gebruik vir dié doel.

• Hou ’n bottel drinkwater in die yskas sodat jy nie die kraan hoef te laat loop terwyl jy vir koue water wag nie.

Swembad

• Moenie jou swembad te vol maak of onnodig terugspoel (backwash) nie.

• Belê in ’n goeie bedekking vir jou swembad om sodoende die hoeveelheid water wat verdamp in te perk.

Tuin en buite

FOTO: Ryno

FOTO Ryno

• Plant inheemse plante wat minder water vereis.

• Gebruik kompos en bas om jou plante sodat die grond langer vogtig te bly.

• Besproei jou tuin in die laatmiddag of vroegoggend voor die son op sy hoogste is.

• Moenie jou sproeier vir ure op een plek aanhou nie.

• Gebruik eerder twee emmers water om jou kar te was as om die tuinslang hiervoor in te span.

• Vang reënwater op om die tuin nat te lei.

• Gebruik ’n besem om jou stoep en plaveisel te vee eerder as om dit met die tuinslang af te spuit.

• Moenie jou grasperk te veel water gee nie. As ’n reël benodig gras in die somer net elke 5 – 7 dae water en in die winter elke 10-14 dae.

• Maak seker jou besproeiing lei nie plaveisel, sypaadjies of die straat nat nie. Skuif dit sodat net jou grasperk en plante water kry.

• Doen weg met onnodige fonteine in jou tuin.

• Sit ’n verstelbare tuit aan jou tuinslag om fyn mis te maak wanneer jy die tuin natlei.

Bronne: www.westerncape.gov.za, City of Cape Town Water Saving Tips, Department of Water and Sanitation en nelsonmandelabay.gov.za

Lees ook

Ongelooflike video: moenie in die water mors nie …

6 dinge wat jy van water moet weet