FOTO Unsplash / Tracey Thomas

Hieroor praat mense

Wêreld-televisiedag #nostalgie

Party mense onthou Brakenjan en Heidi, ander onthou Love Boat en Dallas. Daar was ook Golden Girls, Everybody Loves Raymond, Little House on the Prairie, Friends, X-Files, Onder draai die duiwel rond en Nommer Asseblief. Vandag is Wêreld-televisiedag en ons kyk terug in tyd.

In 1936 het die BBC in Brittanje met TV-uitsendings begin en dit het stadig maar seker gewild geraak om ’n klein wit-en-swart televisie in jou huis te hê. Koningin Elizabeth II is die eerste monarg wie se kroning regstreeks uitgesaai is. Meer as 20 miljoen mense die wêreld oor het op 2 Junie 1953 daarna gekyk.

FOTO Library and Archives Canada/K-0000047

FOTO Library and Archives Canada/K-0000047

Hier’s ’n uittreksel uit haar kroningsplegtigheid:

Op 5 Januarie 1976 om 18:00 het Suid-Afrikaners voor hul televisies ingeskuif vir die land se eerste amptelike uitsending. Die temalied het gespeel en aanbieders Dorianne Berry en Heinrich Marnitz het kykers verwelkom.

Om 18:01 het Haas Das, nuusleser van Diereland, verskyn: “Goeienaand! Voor die nuusbulletin begin, net eers ʼn paar woordjies …”

Veertig jaar later kan dié ikoniese nuusleser en stem van Haas Das, Riaan Cruywagen, steeds daardie aand se vlinders onthou.

“O, maar die vlinders het gevlieg in my maag. Gelukkig het hulle net in ʼn formasie gevlieg,” het Riaan aan SARIE.com gesê.

Daardie aand was Riaan die nuusregisseur vir die Engelse nuus om 20:18 én die Afrikaanse nuus om 23:30.

“Ek onthou dit nog soos gister, dit was opwindend. Almal was op hul plek. Maar nou is ek die enigste oorblywende lid van die oorspronklike span.”

Daardie aand het Nic de Jager ook in die Afrikaanse reeks Die dubbele alibi gespeel.

En oor die jare het die Oscars van glans tot glans gegroei. In 1953 is die Academy Awards-seremonie die eerste keer regstreeks uitgesaai. Daardie jaar het Gary Cooper die Oscar vir beste akteur gekry vir sy spel in High Noon en Shirley Booth is bekroon as beste aktrise vir haar rol in Come Back, Little Sheba. Die komediant Bob Hope was die seremoniemeester.

Hier’s die eerste amptelike uitsending van die Oscars:

Lees nou

Beste plat skoene vir ’n aand uit

Koop hier op Black Friday!