spaar

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Werk slim met jou geld in Desember

Met die vakansie byna hier, is baie van ons reg om net te ontspan en onsself te bederf. Wees tog net op jou hoede: Desember is ’n tyd van gee, maar Januarie kan lank raak. Hier is ’n paar goue wenke om te keer dat jy in Januarie met jou hande in die hare sit.

1. Wenke om kop te hou as geldsake knyp

Kenners sê as jy in beheer wil voel van jou finansies, is die eerste stap om te weet wat met jou geldsake aangaan. Klik hier om meer uit te vind.

FOTO: Unsplash /Olu Eletu

FOTO: Unsplash /Olu Eletu

2. Hou op geld mors op dié 3 mode-items

Die dae van koop net om te koop is nie meer realisties nie. Nee, as daardie jeans jou die eerste keer nie gepas het nie, is die kanse skraal dat dit wél eendag gaan reg sit. Moenie geld mors op dié items nie: Klik hier.

FOTO Unsplash (Kris Atomic)

FOTO Unsplash / Kris Atomic

3. Maak geld op dié apps … met enige talent!

Saam met die Desembervakansie wink uitstappies, kos, geskenke en petrol-uitgawes. Daar gaan al jou geld … Hier is twee apps wat jou kan help om vinnig geld te maak, sommer voor jou verlof al goedgekeur is! Klik hier.

whatsapp

FOTO Unsplash / Saulo Mohana

4. Spaar só geld in die kombuis: 4 celebs deel hul geheime

Om lekker te eet is nie altyd ’n goedkoop affêre nie, behalwe as jy dit slim aanpak! Hier is 5 wenke van ’n paar SA bekendes wat vertel hoe hulle geld spaar. Lees meer hier.

FOTO Clinton Lubbe (geneem vir SARIE Desember 2013)

FOTO Clinton Lubbe (geneem vir SARIE Desember 2013)

5. Een produk, twee (of meer) gebruike – spaar in jou skoonheidskas!

Die ekonomie knyp dalk, maar met slim wenke en skoonheidsprodukte wat ekstra hard werk hoef jy nie jou sente om te draai nie. Hiér is van ons top-keuses van veeldoelige produkte, plus ons deel ’n paar idees vir ’n meer bekostigbare skoonheidsroetine. Klik hier vir meer.

FOTO: AZarubaika / Gallo Images / Getty Images

FOTO AZarubaika / Gallo Images / Getty Images

Lees nou

Kate Middleton se stokperdjie

Nuwe tegnologie vergemaklik mense met diabetes se lewe

Dekor – die moets en moenies