Hieroor praat mense

Wil jy in SARIE verskyn?

Jou produkte
Mooimaakgoed laat ons droom! Laat weet wat is jou 3 top-produkte en sê kortliks waarom.
Maak só: Stuur jou lys en woorde na liesl.dutoit@sarie.com

Koek van die maand

Jou resep
Elke maand deel ons ’n bederf-koekresep. Dié maand pronk Elfie Pepler van Johannesburg se sjokolade-toffiekoek (foto bo) op ons kosblaaie. Het jy ’n resep om ons 12 bestes te haal? Stuur dit en verklap so ’n bietjie van die storie daaragter. Kies kosredakteur Herman Lensing jou resep, wen jy ’n jaar se intekening op SARIE.
Maak só:
Stuur jou resep na herman.lensing@sarie.com

 

Julle hoekies

Jou hoekie
Interessante hoekies maak ’n huis ’n hartsplek. Wys ons die mooiste hoekie in jou huis, vertel hoe dit geskep is en waarom dit vir jou so spesiaal is.
Maak só
: Stuur ’n foto en jou woorde na lfourie@sarie.com, of sien hoe op www.sarie.com, klik op julle hoekies onder WOON

 

 SARIE-leser Jou stories
Charmaine Lidderd van Koster se verhaal oor haar aanneemseun in dié uitgawe is roerend. Leserstories raak ons almal – of dit nou verhale van vreugde, hartseer of humor is. Deel dit gerus met ons.
Maak só
: Stuur jou woorde na suzette.truter@sarie.com