FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

Hieroor praat mense

Wildernis-brand: ‘Lyk nou soos hel’

“Wat eers na die hemel gelyk het, lyk nou soos die hel.”

Só het die verslae André Knoetze, ’n advokaat van Wildernis, aan SARIE.com vertel nadat sy huis tot op die grond afgebrand het.

Sy huis is een van vele.

’n Brand het Donderdag verwoesting gesaai deur die Hoekwil-gebied en dele van Wildernis, berig Netwerk24. En ’n sterk wind, wat eers daardie aand 19:00 gaan lê het, het bygedra tot dié skade.

Die brand het Donderdagmiddag begin, maar kon eers om 20:00 in bedwang gebring word.

FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

Knoetze was daardie middag in George, maar sy vrou was by die huis.

“Ek stuur nog vir haar foto’s van ’n brand in George, toe sê my vrou daar’s ook ’n brand by Wildernis. So vinnig, als is weg.”

Volgens Netwerk24 was al die brandbestryders en nooddienspersoneel reeds besig om sewe ander brande wes van Wildernis op George te bestry.

En teen 16:00 moes die Nasionale Seereddingsinstituut inspring om te help brande beveg.

Die Knoetzes kon niks red nie.

“Al wat ons oorhet, is die klere aan ons lyf.”

FOTO André Knoetze

Die Knoetzes FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze

Toe die brande op George onder beheer was, is die res van die brandbestryders en nooddienspersoneel na Hoekwil toe om te help.

Geen ernstige beserings of sterfgevalle is al aangemeld nie.

André-hulle kyk nou vorentoe, maar gister se gebeure het ’n merk gelaat soos dié van ’n diep brandwond.

FOTO André Knoetze

FOTO André Knoetze