FOTO Unsplash / nomao saeki

FOTO Unsplash / nomao saeki

Hieroor praat mense

Winter-apps vir lui mense!

Solank jy nooit te ver van jou slimfoon is nie, hoef jy byna nooit onder jou warm kombers uit te klim nie. Jy kan selfs jou rekenaar aanskakel sonder om op te staan! 

So moenie skaam wees nie en moet jouself nie dwing om te veel te doen nie, daar’s ’n app vir alles!

As jy te lui is om vuur in die kaggel te maak …

Is Fireplace jou antwoord! As jy ’n iPhone of iPad het, gaan hierdie app jou deur die winter dra – en jou hout en moeite spaar.

winter

FOTO Unsplash (Olivia Henry)

Jy kry byna die hele sensoriese ervaring van ’n kaggel omdat jy dit sien en die klanke en krake van die vuur hoor. As jy ’n romantiese aand wil skep, speel jou musiek op jou slimfoon ook saam met dié app!

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

As jy te lui is om somme te doen …

Ons weet jy het eintlik net die warmte van jou huis verlaat om te eet, nie om somme te doen nie, en ook nie om iemand anders se kos te betaal nie. Tip N Split Tip Calculator vir Android bereken hoeveel elkeen moet betaal en die fooi wat elkeen moet betaal vir die kelner. Laat rus jou brein en bekommer jou net oor hoe jy jou honger gaan stil.

app

As jy te lui is om jou huis skoon te maak…

Dis iets wat so maklik gebeur, die een dag is jou huis skoon, die volgende dag kan jy self nie glo jy lewe in dié varkhok nie. Domestly bied die oplossing! Hierdie innoverende app stel jou voor aan professionele huisskoonmakers in jou area. Jy kan op elkeen se profiel gaan, op hul kalender kyk wanneer sy/hy beskikbaar is en bespreek vir ’n halwe of voldag. Jou luiheid skep dus ook werk, so omarm hierdie winter-gevoel!

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

As jy professionele huisskoonmakers ken, laat weet hulle ook sommer van Domestly! Dis maklik om deel te word.

As jy te lui is om jou rekenaar aan te skakel …

As jy te lui is om op te staan, moenie. Laai liewer Remote Link af. Hierdie app laai jy op jou slimfoon af en ook op jou rekenaar as jy hierdie skakel volg. Al besluit wat jy hoef te neem is of jy die konneksie tussen jou slimfoon en jou rekenaar deur WiFi of Bluetooth gaan maak. Verder kan jy video’s speel en stop, musiek aansit en self jou rekenaar aan- en afskakel!

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

As jy te lui is om deur elke ry in die supermark te loop …

Jy’t nie beplan om vandag uit te gaan nie, maar jy is honger en al wat in die yskas is, is twee bottels slaaisous (want hy het nie geweet jy het dit reeds gekoop nie) en ’n vrug. Wat nou?

Al wat jy hoef te doen, is om Out of Milk af te laai en as iets in jou yskas oud word of opgebruik word, dít op jou lysie te tik. Hierdie app stoor jou lysie en as jy ooit in die winkel is en wonder of jy nog peper het, hoef jy net op hierdie app te gaan om te kyk hoe jou koskas lyk. Hy bou vir jou ’n spens op soos jy koop, sodat jy nie iets twee keer koop wat dalk bederf voor jy dit kan gebruik nie.

Jy kan ook hierdie lysies opstel en deel met ander. ’n Wonderlike idee vir vriende wat saam bly of groepe wat vir ’n naweek saam weggaan. Almal kan saam een lys opstel.

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

Lees ook

Ons Vrydaglysie: 10 van winter se beste dinge!