FOTO Tetra Images / Getty Images / Gallo Images

FOTO Tetra Images / Getty Images / Gallo Images

Hieroor praat mense

Wonderwerk: Jongste Siamese tweeling nóg geskei

Die operasie se kans op sukses is net 1%. Maar Switserse dokters het ’n Siamese tweeling, wat 8 weke te vroeg gebore is, suksesvol van mekaar geskei, berig BBC.

Agt dae ná hul geboorte het die tweeling, Lydia en Maya, in Desember ’n vyf uur lange operasie by die Inselspital-hospitaal in Bern, Switserland, ondergaan. Hulle het saam net 2,2 kg geweeg.

Dokters wou eers die operasie met ’n paar maande uitstel, maar albei se gesondheid het drasties agteruitgegaan en dokters moes toe vinnig spring. Die tweeling was by die bors aan mekaar vas en het ’n lewer gedeel. Lydia en Maya is deel van ’n drieling, maar hul sussie is gesond.

 

 

Die dogtertjies het intussen ’n tweede operasie ondergaan en herstel goed, berig BBC verder.

Lees nou