Lewe + Liefdes

Hoekom hou ons van stoutseuns?

Elke ma en pa se nagmerrie . . . Hulle breek ons harte, maar dit bly maar eenmaal ’n feit: ’n stoutseun het dieselfde aantrekkingskrag as ’n romerige sjokolade wanneer jy op dieet is. Jy wéét dis nie goed vir jou nie en ja, juis om dié rede kies jy hom.

Dink Charlie Sheen, Colin Farrell, Jude Law, Steve Hofmeyr…

FOTO: Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Oee, dis ’n lang lys. En jy hoor hoe baie vroue sug van lekkerkry.

Want om een of ander vreemde rede (of redes!) is baie vroue tot die baddies aangetrokke.

Hoekom?

“Vroue het nog altyd van stoute ouens gehou. Dis niks nuuts nie. Dink aan Marlon Brando, James Dean. Hulle is net eenvoudig fassinerend. Ten spyte daarvan dat ons dikwels nadat ons met hulle deurmekaar geraak het, spyt is. Ja, teen die tyd dat hy sy ware kleure begin wys. Dikwels is dié ouens selfgesentreerd, manipulerend, reeks-verneukers . . .’’ sê Marelize Swart, seksuoloog van Kaapstad (en ook die gesondheidswebtuiste Health 24).

Ons almal onthou nog hoe die aktrise Sandra Bullock haar gewese man, stoutseun-motorfietsryer Jesse James, in haar Oscar-toespraak (sy het dit gewen vir beste aktrise in The Blind Side, in 2010) bedank het vir sy ondersteuning. Dit was een van die grootste celeb-verneukerye nog – dié bad boy het haar toe glo met verskeie vroue verneuk en Sandra was salig onbewus daarvan.

"Gravity" - Red Carpet Arrivals: 57th BFI London Film Festival

FOTO Gallo Images / Getty Images

Vroue wat vir stoutseuns val, het dikwels nie ’n goeie verhouding met hul pa gehad toe hulle klein was nie, meen Marelize. “Hulle voel gewoonlik minderwaardig en is daarvan oortuig dat hul pa nie vir hulle lief was nie. Stoutseuns, wat hulle nie goed laat voel nie, laat hulle dus voel soos in hul kinderjare – normaal. Iets waarmee hulle kan identifiseer.’’

Larissa Ernst, ’n sielkundige van Kaapstad, reken party vroue is oordrewe kwesbaar en party mans het weer ’n oordrewe manlike gevoel en dié tipes trek mekaar soos magnete aan. “Dít veroorsaak dikwels dat vroue vir ‘baddies’ val.’’

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Larissa reken ook die bad boy help vroue om aan hul “donker kant” uitdrukking te gee en juis omdat sy nooit weet wanneer sy hom gaan verloor nie, is hy vir haar ’n groot uitdaging.

Stomende seks is volgens Marlize dié grootste rede hoekom vroue hulle kies. “Hulle is baie goed in die bed en lýk goed.” Dink maar aan Robert Downey Jr. of Jonathan Rhys Meyers.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

“Vroue hou van ’n lekker uitdaging. Hulle vind die sterk, macho man met die innerlike selfvertroue onweerstaanbaar en wil hom besit – óf tem. En dit is ’n avontuur en adrenalien-sensasie om iets teen die samelewing (ouerhuis) se norme te doen. Al is dit net vir ’n wyle. Dis prettig. Dink aan Cyndi Lauper se liedjie ‘Girls Just Want to Have Fun’. Goeie meisies word dikwels geleer om te konformeer, te trou, kinders te kry – tog net ’n goeie man te kies. Daar is soveel reëls. Die bad guy se aantrekkingskrag is dus dat hy oënskynlik meer vryheid bied omdat hy hom aan niks of niemand steur nie,’’ sê Marelize.

Die uiteinde van dié verhoudings is gewoonlik tragies. Wanneer hy jou verneuk, verlaat of uiteindelik sleg behandel, is jy verlate en wanhopig. “Onthou net, hulle verander nie sommer nie – tensy hulle regtig wil. En voor jy jou oë uitvee, is jy weer die ander vrou wat vasgevang is in hul magiese aantrekkingskrag,’’ maan Marelize.

Hier’s ons gunsteling-stoutseuns

Francois van Coke - musikant

FOTO Instagram / @francoisvancoke

Francois Hougaard - rugbyspeler

FOTO Instagram / @francoishougaard

Arno Carstens - musikant

FOTO Instagram / @francoisvancoke

Faf du Plessis - krieketspeler

FOTO verskaf deur Björn Borg

Prins Harry

FOTO Gallo Images / Getty Images

Russell Crowe - akteur

FOTO Twitter/ @russellcrowe

Russell Brand - komediant

FOTO Instagram / @russellbrand

John Mayer - musikant

FOTO Instagram / @johnmayer

Adam Levine – Maroon 5 se hoofsanger

FOTO Instagram / @adamlevine

James Franco - akteur

FOTO Instagram / @Jamesfrancotv

Winston Marshall – lid van Mumford & Sons

FOTO Instagram / @mumfordandsons

Cristiano Ronaldo – sokkerspeler

FOTO Instagram / @cristiano

Lees nou

Kyk wie is die wêreld se rykste atleet in 2016!

Suidooster se Greta Pietersen wil stories vertel

Maria Sharapova baklei terug