saw_grensoorlog_300dpi
Lewe + Liefdes

Leesstof vir Vadersdag

Ons het saam met Exclusive Books die ideale boeke gaan soek om die pa in jou lewe met Vadersdag op 16 Junie te bederf. Hier is iets vir elke pa – van die avontuurlustige reisiger tot die grapjas en die petrolkop!

The SADF in the Border War: 1966-1989

Die SAW in die Grensoorlog: 1966-1989, deur Leopold Scholtz (NB Uitgewers, R358)

Ons het almal al een of twee stories oor die Grensoorlog in Namibië en Angola gehoor. Dié boek kyk na wat die konflik veroorsaak het en ontleed ook die internasionale konteks van dié tyd. Dit bevat ook nuwe dokumente en onderhoude met oudoffisiere van die SAW. Dit bevat nie net inligting oor baie van die belangrike operasies en veldslae nie, maar ook vertellings deur oudsoldate wat dié gebeure eerstehands ervaar het. Dié boek, met sy toeganklike skryfstyl, is nie net toeganklik nie, maar leer jou ook meer oor die politiek agter die Grensoorlog. Ook beskikbaar in Engels as The SADF in the Border War: 1966-1989.

Fitness for old Farts

Fitness for Old Farts, deur Tim Plewman (Struik Lifestyle, R226)

Die akteur Tim Plewman en ’n groep vriende het besluit om saam ’n plan te maak wat hulle fiks en gesond sal hou nadat een van hul vriende aan hartprobleme gesterf het. Hy betrek die leser met humor en empatie in sy eerlike advies. Die doel van die boek is om mans bo 50 te help om hul goeie gesondheid en aanvaarbare voorkoms te herontdek en steeds lekker te kan eet. Die boek, met ’n voorwoord deur Nick Mallett (voormalige Springbokafrigter), deel die oefenprogramme en dieetkeuses wat Tim en sy vriende gebruik het om weer fiks en gesond te word. Aan die einde van die boek is daar selfs eenvoudige resepte vir ’n paar lekker disse.

Motoring's Funny Bone

Motoring’s funny bone, deur Sagie Moodley (Pan Macmillan, R155)

Baie mense noem Sagie Moodley Suid-Afrika se eie Jeremy Clarkson… in dié boek leer die plaaslike petrolkop jou alles oor motors – van hoe om ’n band om te ruil tot die ingewikkelde aspekte van motorversekering. Die boek, wat Sagie se humoristiese uitkyk op vroue én karre deel, het selfs ’n hoofstuk oor hoe die wetsontwerp vir die beskerming van verbruikers jou kan help wanneer jy kar koop.

The last train to Zona Verde

Last Train to Zona Verde, deur Paul Theroux (Penguin, R226)

Skrywer Paul Theroux is op ’n reis van Kaapstad deur Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Angola tot in die Kongo. Hy ontdek ’n wêreld sonder toeriste of post-koloniale bewegings – dis ’n nuwe Afrika, waar heinings uitmekaar val in die hitte, armoede en die anargie. Dis die skrywer se laaste reis op ons kontinent en nes sy vorige boeke, lees die storie maklik. Laat Pa saam met hom op die avontuur van Kaapstad na Angola gaan.

Ripley's Believe it or not stories for guys

Ripley’s unbelievable stories for guys, deur Robert Leroy Ripley (Random House, R59)

Minstens een van dié boek se oor die 500 buitengewone stories sal jou (én jou alwetende Pa) stom laat. Dié boek is propvol in-diepte stories, besonderhede wat jou hare sal laat rys, vreemde lyste en die waarheid agter die mites waaroor ons almal wonder. Dis vreemd, snaaks en perfek vir enige iemand wat in die buitengewone belangstel. Onder die stories is daar selfs die belaglikste (maar ware) CIA-planne soos ’n kat wat ’n geheime agent is en ’n missiel wat deur ’n duif gelei is!­­­

*Dié boeke (en nog ideale geskenke vir Pa’s) is nog tot Vadersdag op 16 Junie beskikbaar by Exclusive Books. Lede van die Fanatics-klub verdien 400 bonuspunte saam met dié aankope, wat beteken jy kry R20 se afslag saam met jou kwartaallikse koepon!