Lewe + Liefdes

LEWIN en HEYNS is die wenners

Lewin is die wenner van die 24ste Alan Paton-prys vir nie-fiksie met sy memoir, Stones Against The Mirror, uitgegee deur Umuzi. Die beoordelaars het gesê die boek is pragtige geskryf en is ‘n intens persoonlike verhaal van vriendskap, verraad en struggle. Dit beskryf Lewin se reis om sy voormalige kollega en vriend, Adrian Leftwich, te ontmoet. Leftwich het Lewin in 1964 aan die veiligheidspolisie uitverkoop, waarna Lewin lank tronkstraf uitgedien het.

Heyns was vir ‘n tweede keer die wenner van die fiksie-kategorie met sy moordverhaal, Lost Ground (Jonathan Ball), wat in die Karoo afspeel. Hy was in 2007 ‘n mede-wenner met sy vertaling van Marlene van Niekerk se boek Agaat. Die beoordelaars het Lost Ground beskryf as ‘slim, vinnig en snaaks’ en was beïndruk met ‘die reeks karakters en hul outentieke stemme terwyl hulle die draad ontknoop van dit wat hulle aan mekaar verbind.’

Die skrywers wen elkeen R75 000.