prysfoto
Lewe + Liefdes

Literêre Pryse & Jan Rabie Rapport-prys 2013

Die wenners van die 2013 Media24 Boeke Pryse en die Jan Rabie Rapport-prys is Vrydag tydens ’n glansgeleentheid by die Commodore-hotel in Kaapstad aangewys. Totale prysgeld ter waarde van R210 000 is aan die wenners oorhandig. Hulle is:

 Die W.A. Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse literêre werk in alle genres

Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach, uitgegee deur Human & Rousseau

Die Herman Charles Bosman-prys vir die beste Engelse literêre werk in alle genres

groundworkdeur Rustum Kozain, uitgegee deur Kwela Boeke/Snailpress

 Die Recht Malan-prys vir die beste niefiksie werk

External Mission deur Stephen Ellis, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers

 Die M.E.R. -prys vir die beste jeugroman (ouderdomme 8 tot 16, maar nie uitsluitlik vir dié ouderdomme nie):

Tot siens, koning Arthur deur Annelie Ferreira, uitgegee deur Tafelberg

 Die M.E.R.-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek (ouderdomme 0 tot 8, maar nie uitsluitlik vir dié ouderdomme nie):

Ben en die walvisse deur Ingrid Mennen en geïllustreer deur Irene Berg, uitgegee deur Tafelberg

Die Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk gekenmerk deur vars en vernuwende Afrikaanse prosa

Bloedfamilie deur MS Burger, uitgegee deur Human & Rousseau

Boeke wat in 2012 gepubliseer en uitgegee is deur Media24 Boeke en Jonathan Ball-uitgewers kan in aanmerking kom vir die Media24 Boeke-toekennings. Die Jan Rabie Rapport-prys kan wel toegeken word aan enige werk, ongeag die uitgewer, wat in 2012 verskyn het. ’n Totaal van 92 inskrywings is ontvang en altesaam drie werke is in elke kategorie gekortlys.