FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Moedersdag

Mooimaaksessie – Ma en dogter: “Dit was ongelooflik!”

Annelize Erasmus (29) van Kraaifontein is ’n assistent vir ’n algemene chirurg en ma. Sy verduidelik dat jy al hoe minder tyd aan jouself spandeer ná die geboorte van ’n kind. Dié mooimaaksessie het haar spesiaal en mooi laat voel. Veral die feit dat sy dit saam met haar dogter, Marli (4), kon doen, was vir haar “ongelooflik”!

Annelize se voor- en ná-foto

FOTO: Jacolet Odendaal

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Annelize?

Beskryf jou klerestyl

My styl is baie eenvoudig.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?  

“WOW!” Dít was almal se reaksie. Ek het nog nooit so baie komplimente in my lewe gekry nie! Ek was heeltemal verras.

Hoe maklik is dit om jou nuwe styl vol te hou?

Ek vind dit nogal maklik, dit pas my en ek is vasbeslote om daarmee aan te hou.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het my beslis meer selfvertroue gegee. Ek is nie iemand met die meeste selfvertroue nie, daarom was dit vir my regtig wonderlik.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Annelize het die mooiste, sterk wenkbroue wat haar potblou oë pragtig beklemtoon. Ek het oogskadu in skakerings van perske en goud gebruik om by die tema te pas en ook om haar blou oë verder te beklemtoon. Haar hare is met groot krulle afgerond vir ’n glansryke voorkoms.

Elaine, stilis

Ons het besluit op ’n vrolike voorkoms vir Annelize, omdat sy die sessie saam met haar 4-jarige dogtertjie gedoen het. Ons het by party van die uitrustings blomkranse gebruik en het alles in brons en goud gehou om by die tema te pas.

Veronique Mills – fotograaf

Ma-en-dogter-sessies is spesiaal. Dit is soms moeilik om kinders voor die kamera te hê – dit kos gewoonlik baie geduld, paai en speel tussendeur om die mooiste foto’s te kry. Maar klein Marli is ’n regte poppie en was só gemaklik voor die kamera.

Veronique Mills

Veronique Mills

 

 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat het hierdie mooimaaksessie spesiaal gemaak? 

Die feit dat dit ’n ma-en-dogter-sessie was en ons vir Annelize ’n lekker tydjie kon gee om saam met haar dogtertjie foto’s te neem was ongelooflik spesiaal. Dié foto’s is iets wat vir altyd kosbaar sal bly. Ons het ook ’n paar foto’s buite geneem wat so mooi is.

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle by 079 737 7397 of info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

MA ÉN DOGTER! 

Bespreek vir jou solank ‘n ma-en-dogter-sessie vir Moedersdag! Kontak info@glamourmakeovers.co.za vir meer inligting.

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies