FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Motors

8 goed wat jy oor die nuwe Kia Sportage moet weet

Kia se nuwe Sportage het in Suid-Afrika geland en, net soos sy gewilde voorganger, beloof dié ryding om ’n topkeuse by kopers van sportnutsvoertuie te wees. SARIE het die bekendstelling van die indrukwekkende nuweling bygewoon.

Hier is 8 goed wat jy oor die nuwe Sportage moet weet:

1. Daar is vyf modelle met ’n keuse van vier enjins in die plaaslike reeks. Kopers kan kies uit drie petrolenjins: die intreekvlakmodel het ’n 2,0-liter-viersilinder, dan is daar ’n 2,4-liter-kragbron, en die topmodel het ’n kragtige 1,6-liter-turbo-aangejaagde enjin. ’n Turbodieselenjin, wat beloof om ’n gewilde keuse te wees, is ook beskikbaar. Behalwe vir die intreevlakmodel, wat ’n sesspoed-handratkas het, spog alle modelle met outomatiese transmissie.

2. Die prys vir die intreevlakmodel is R369 995, wat presies dieselfde is as die vorige reeks se goedkoopste model.

KIA Sportage_GT_AWD_050

FOTO Verskaf

3. Die Sportage het die nuwe Volkswagen Tiguan, wat ook onlangs hier bekend gestel is, in sy visier. Hoewel daar gereken word dat die Tiguan die pas in sy segment aangee, is die Sportage ’n sterk mededinger, want dit het ’n goeie reputasie, bied ’n omvattende pakket, is waarde vir geld en dit lyk ook gesofistikeerd.

4. Dit is die vierde generasie van die Sportage. Die nuweling bied meer binneruimte en die bagasieruim het ook van 465 tot 503 liter gegroei.

5. In sy jongste gedaante is die Sportage selfs meer verfynd as sy bekroonde voorganger. Dít is danksy Kia se harde werk om die rit, hantering en geraasvlakke te verbeter.

6. Binnelangs is daar topgehalte-afwerking en dit voel asof die Sportage goed gebou is. Talle geriefskenmerke en tegnotruuks is standaard, terwyl die topmodel ’n funksie bied wat die jongste slimfone koordloos kan herlaai.

KIA Sportage_Int_004

FOTO Verskaf

KIA Sportage_Int_017

FOTO Verskaf

7. Kia het seker gemaak die Sportage is ’n veilige keuse, want dit kom standaard met ses lugsakke en talle ander moderne veiligheidseienskappe.

8. Die Sportage-modelreeks het ’n waarborg wat strek oor vyf jaar, ongeag die hoeveelheid kilomters wat jy aflê. Dit kom ook met ’n vyfjaar/90 000 km-diensplan.

KIA Sportage_GT_AWD_063

FOTO Verskaf

Pryse:

Sportage 2, 0 Ignite                                 R369 995

Sportage 2,0 CRDi EX                             R487 995

Sportage 2,4 GDI SX AWD                     R557 995

Sportage 2,0 CRDi SX AWD                   R567 995

Sportage 1,6 T-GDI GT-LINE AWD        R599 995

– SARIE se eie motorkenner, Wilmer Müller, toets gereeld die nuutste motors op die mark.

Hier’s van sy vorige Ry-Indrukke:

Ry-indruk: Audi A4

Ry-indruk: Ford Everest

Ry-indruk: Hyundai H1

Ry-indruk: Mini One en Mini Cooper S-kabriolet