Motors

Aitsa dis ’n Almera!

n Heerlike, gesellige gesinsmotor…

Die nuwe Almera, onlangs aan die media bekend gestel,  word as n  kompakte gesinsmotor bemark, maar van binne voel dit geensins kompak of ingedruk.  Trouens, daar’s heelwat beenruimte voor en agter, want Nissan se snydokters het allerlei slim planne gemaak om gemak te verseker.  Ook die kattebak is nie afgeskeep nie – 490 liter sal selfs vir skoonma imponeer.  Die afwerking is netjies en lyk duursaam en daar is ook haakplekke vir kinderstoeltjies.  Net een enjingrootte is beskikbaar – 1,5 liter petrol – en daar is n handrat- en outomatiese model. Die naam is afgelei van die Spaanse woord almendra, wat groot diamant beteken.  In dié dae waar verbruikers waarde vir geld soek, behoort hierdie diamant veral aftrek te kry as ryding vir werk toe pendel.

almera2 almera1

 

Die pryse van die handrat-model is R165 000 en die outomaties model is R175 000.  

Getoets deur Alida Vos