sr0902reisdinge_5_
Motors

Boendoe-wiele: Jeep Cherokee

Dié kalant skrik danksy tegnologie in oorvloed nie vir ’n stewige rofry-avontuur nie, maar met sy luukse-afwerking binne asook ’n sondak is dit ’n gerieflike motor om mee te pendel. Die 2.8-dieselmodel, wat ek getoets het, was outomaties en flink in die stadsverkeer. Die gerieflike sitplekke vou plat vir meer pakplek en die binnekant is ruim.

Vir veiligheid is daar lugsakke en ABS-remme.

Die prys wissel van R349 900 tot R374 900.

Besoek ook die Jeep webtuiste.