155844_full_hires
Motors

Die motor van 2012 is …

Nog ‘n Koreaanse model – die Kia Picanto – was onder vanjaar se finaliste. SARIE het in Februarie oor die oulike Picanto geskryf.   

Die ander finalste was die Peugeot 5008, Ford Focus, Volkswagen Jetta, Citroën DS4, Alfa Romeo Giulietta, Suzuki Kizashi, Audi A6 en die Mercedes-Benz SLK.

Hierdie kroon is nie die enigste waarmee die Elantra al beloon is. In Januarie is die ryding aangewys as die Noord-Amerikaanse Motor van die Jaar, en die motor is ook die wenner van die Kanadese Motor van die jaar-wedstryd.

Die Elantra het heelwat om oor te spog. Die ontwerp is stylvol, afwerking kry by my baie punte, die kattebak kan niemand oor kla, die enjin is lewendig en die veiligheidseienskappe puik. 

Hyundai Elantra 1.8 GLS

En die prys? R224 900 vir handrat en R239 900 vir outomaties.

  • olga

    Dis n droomkar. wonder wat my man sal se as ek die voertuig intrek, SJOE!!!!!