FOTO: QuickPic

FOTO: QuickPic

Motors

Die Toyota Corolla 1.6 Prestige – die kar-kokkedore het ekstra bestanddele bygevoeg

Getoets deur Alida Vos

Aan ’n wen-resep behoort jy nie te karring nie, behalwe om dit met ’n ekstra bestanddeel of twee nog meer onweerstaanbaar te maak. En dit is, lyk dit vir my, wat die kar-kokkedore by Toyota ook in gedagte gehad het met die nuwe Toyota Corolla.

Die elfde geslag Corolla sal steeds as ’n staatmaker beskou word, wat oor ’n stewige lys eienskappe beskik en wat vir kopers waarde vir geld beteken. Die tydskrif CAR het die motor juis as die Beste Kompakte Sedan vir 2014 aangewys. Die voorkoms is gemoderniseer, die binnekant vergroot en aandag is gegee aan stylvolle afwerkings en onder meer leerbekleedsels.

Die 1.6 Prestige-toetsmodel se sesgang-handratkas was doeltreffend en die motor het maklik hanteer en genoeg woema gehad om verby te steek. Die variante van die 1.6 sluit o.m. die Esteem (R225 900), Prestige (R241 900) en Sprinter (R248 900) in.

FOTO: QuickPic

FOTO: QuickPic