FOTO: OuickPic

FOTO: OuickPic

Motors

Gemaklik in druk verkeer en op die oop pad – die Nissan Juke 1.5 DCI Acenta+

Getoets deur Alida Vos

Danksy sy “anderste” voorkoms en dieselenjin kan jy nie anders as om te wonder oor dié nuweling in die Nissan-familie nie. Voel vir my nogal of jy vir die kookwater Springbok-heelagter Willie le Roux met hierdie sportnuts die Kaapse wynlande moet gaan wys!

Sedert die eerste Juke in 2011 in SA verkoop is, spog 8 500 eienaars met die woelwater. Die Juke hanteer gemaklik in druk verkeer en op die oop pad, en boonop sit jy baie gerieflik. Dan het dié diesel ook o.m. misligte voor, elektries aanpasbare en opvoubare kantspieëls, reënsensitiewe ruitveërs, elektriese vensters, ’n rit-rekenaar en vir veiligheid is daar ABS-remme met remverspreiding, asook 6 lugsakke.

Die 6-spoed-ratkas is verfyn en dieselverbruik is 4,2 liter per 100 km. Jy kan jou rit na jou luim beplan deur te kies uit Normal, Eco of Sport. Eco fokus op ekonomiese brandstofverbruik en Sport … dink maar self hoe woelig sake sal uitdraai as Willie dié verstelling kies.

  • Die Juke kos R267 800