Hoe klim jy in jou kar?

Deur Tanya O'Connor, SARIE - November 2010

Dit is baie warm, my kop is seer en ek wil so graag my amper drie maande oue baba vashou maar ons kry altwee erg warm. Ek is verstom dat die Kaap so warm kan word. Die hitte bring ‘n stilte oor die omgewing, alles en almal kry warm.

Dit is baie warm, my kop is seer en ek wil so graag my amper drie maande oue baba vashou maar ons kry altwee erg warm. Ek is verstom dat die Kaap so warm kan word. Die hitte bring ‘n stilte oor die omgewing, alles en almal kry warm. 

Die klein meneertjie raak uiteindelik aan die slaap en ek glip gou weg Vat en Betaal-winkel toe. Die Frontier staan onder ‘n boom geparkeer. Ek moet my been hoog lig om in die sitplek te kom. Dit is nie altyd maklik om in ‘n 4 x 4 te klim nie, veral nie as jou lyf verniel is deur jare se perdry en jy vir niks ‘n rugspasma kry nie.Op 42 staan ek nie te maklik op nie, dit gaan maar so in sessies om my regop te kry. 

Ek het grootgeword op Oudtshoorn en daar WORD dit warm, 52 grade in die skaduwee en daar is nie baie skaduwee nie. Die teer het al by tye aan my skoene vasgesit en ek kan onthou dat hier teen nege uur die oggend kon jy spek en eiers op ‘n kar se dak bak! My eerste motor was ‘n beach buggy, ‘n meer gepaste voertuig in Oudtshoorn sou ek nie kon ry nie. ‘n Vinnige rit van Oudtshoorn na Mosselbaai en ek het my sonbad vir die jaar gehad.

24 jaar gelede het ek maklik in en uit gespring uit my beach buggy. Sy was so ‘n rooi 1600cc gevaartetjie. Lekker breë tekkies agter en kleiner bande voor.Haar dak kon op en af en ek het my pa teen die dak uitgedryf, DAN wou ek die dak op hê DAN af. 

Die motor het nie deure gehad nie, jy moes jou been hoog oplig om in te klim. Ek was toe, is seker nog steeds ‘n tomboy. En ek het eers na ‘n paar weke bewus geword van hoe mense gaan stilstaan as ek in en uitklim by my beach buggy. Ek het gewonder hoekom en toe eendag vertel ‘n vriend, “Tanya, jy weet nie hoe daar gepraat word oor jou in en uitklim nie!” Ek het gevra hoekom, ek is nog steeds stadig om iets te snap, ek erken dit, dan sit ek darem nie my voet daarin as ek op die verkeerde tyd lag nie.“Veral as jy ‘n mini aan het, stop my “pelle” om te sien hoe jy in en uit klim!”

Ek onthou sy woorde nou nog en maak seker als is darem toe wanneer ek in en uit die Frontier klim.

 

 

 

Verwante artikels

Kommentaar

  • Baie genotvolle storietjie, en soos alles wat Tanya skryf, stof tot nadenke! Ek gaan van vandag af aandag gee oor hoe ek inklim, ek wil myself nie sien as ek so moeg en moedeloos die warm gebakte kar oopmaak nie! Dankie Tanya. jy het my al baie oor myself geleer!!

    19de Nov. 2010, 14:41