FOTO: OuickPic

FOTO: OuickPic

Motors

Hoog sit en ver kyk met die nuwe Ford Ecosport 1.5 Ambiente

Getoets deur Alida Vos

Hoog-sit-en-ver-kyk-wiele is myns insiens ’n baie kort maar beskrywende opsomming van Ford se nuweling. Kompakte nutsbuks of sportnuts word hy ook genoem. Daar is 3 enjins: ’n 1.5 liter-petrol en -diesel en ’n 1.0 liter met 3 silinders en baie woema. Laasgenoemde is al 2 keer as Internasionale Enjin van die Jaar aangewys. Die 1.5 Ambiente hanteer gemaklik in die verkeer, en dis veral in nou strate in die stad en parkeergarages dat jy die voordele van so ’n kompakte ryding gou agterkom.

Die groot deur agter maak inlaai maklik, en slaan jy die rugleunings plat, kan jy meer inpas. Vir die agterste passasiers is daar heelwat ruimte en vir veiligheid 6 lugsakke en ABS-remme (vir al die modelle). Die waarborg is 4 jaar/120 000 km en diensintervalle is elke 20 000 km.

  • Prys: R199 000 vir die Ambiente en R224 000 vir die 1.0 liter Trend.
FOTO: OuickPic

FOTO: OuickPic