Motors

Kia Soul

Dié crossover-wiele – dis nou iets tussen ’n bonsai-bussie en ’n sportnutsvoertuig – is ’n nuwe nismark vir Kia. Dis ’n ryding vir branderplankryers, ma en kroos, pa en sy gholfsakke, die hele aktiewe klomp. Op die oog af lyk sy taamlik vierkantig, maar daar is ruim plek vir 5 volwassenes, en taamlik pakplek. Dis slegs met ’n 1.6 liter-petrolenjin beskikbaar, maar ’n diesel-meneer is glo op pad. Die Soul hanteer gemaklik in verkeer en met slegs 2 van ons kon sy die heuwels van Durbanville maklik kafdraf. En as jy hou van iets anders, kan jy vir jou graffiti bestel om op die kante aan te bring – jou Soul-sista kan dan haar eie siel op haar mou vertoon.

Die prys: R189 995