Motor v.d maand Daihatsu Terios
Rats en maklik hanteerbaar (parkering is kinderspeletjies), lig op brandstof, ruim en hoog genoeg vir veldry, hoewel nou nie hardebaard-roetes nie.
Dis Daihatsu se Terios. Op die pad Riebeek-Kasteel toe het ek gevoel ons kort dalk nog 'n rat, want die masjiengeraas (1.5 liter) is baie meer hoorbaar teen 120 km/h. In druk stadsverkeer op die N1 gedra dié kalant hom uitstekend. Omdat jy hoog sit, is jou uitsig goed en die perde onder die enjinkap is flink genoeg om verby te steek of vinnig van baan te verander. Praat van draai op 'n tiekie - met die Terios kan jy. Daar is sitplek vir 4, en vir ekstra pakplek kan jy die agterste sitplekke platvou. Die 4x4-handrat kos R234 995.
Verwante artikels
-
Hoe klim jy in jou kar?
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Dit is baie warm, my kop is seer en ek wil so graag my amper drie maande oue baba vashou maar ons kry altwee erg warm. Ek is verstom dat die Kaap so warm kan word. Die hitte bring ‘n stilte oor die omgewing, alles en almal kry warm.
-
Motor v.d maand Kia Cerato
SARIE - Junie 2010
-
Motor v.d. maand Nissan Qashqai
SARIE Augustus 2010
-
Motor van die maand - Suzuki Swift Sport
SARIE - Januarie 2011
Te oordeel na die belangstellende blikke op die parkeerterrein agter ons kantoorgebou is dié tweedeur Suzuki beslis ’n laat-jou-oë-vonkel-motor.
-
Verdien geld deur rond te rits!
SARIE September 2010
Lus om 'n ekstra paar rand te verdien sonder om iets te doen?
















Kommentaar