Motors

Motor v.d maand Daihatsu Terios

Rats en maklik hanteerbaar (parkering is kinderspeletjies), lig op brandstof, ruim en hoog genoeg vir veldry, hoewel nou nie hardebaard-roetes nie.

Dis Daihatsu se Terios. Op die pad Riebeek-Kasteel toe het ek gevoel ons kort dalk nog ‘n rat, want die masjiengeraas (1.5 liter) is baie meer hoorbaar teen 120 km/h. In druk stadsverkeer op die N1 gedra dié kalant hom uitstekend. Omdat jy hoog sit, is jou uitsig goed en die perde onder die enjinkap is flink genoeg om verby te steek of vinnig van baan te verander. Praat van draai op ‘n tiekie – met die Terios kan jy. Daar is sitplek vir 4, en vir ekstra pakplek kan jy die agterste sitplekke platvou. Die 4×4-handrat kos R234 995.