Motors

Motor v.d maand Kia Cerato

Iets vir die oog, stylvol en bekostigbaar – dís Kia se nuwe Cerato.

Dié elegante motor met sy ruim kattebak is nes die nuwe intrekkers in die buurt se mooi dogter: Jy kry so die idee sy kan dalk in die ander meisies se slaai krap. Die 2 liter-masjien is vol woema, die motor hanteer maklik en die bestuurderstoel is verstelbaar – so ook die stuurkolom. Daar’s ABS-remme, lugsakke, afstandsluiting, leersitplekke en nog ander goeie eienskappe wat in dié meisie se guns tel. Prys: R199 995 vir die handrat-model.