Motor v.d. maand Nissan Qashqai
Kaskar, kwaadkat of selfs cash-kwaai.
Dié cross over van Nissan kry deesdae allerlei byname. Wie kan die naam in elk geval uitspreek? Maar dit pla nie, want dit lyk asof die motor ál gewilder raak. Selfs my vroue-kollegas wou meer van dié wiele weet. Die 2.0 Acenta met die CVT-ratkas (seepglad outomaties) het taamlik onder die ontwerpmes deurgeloop en lyk nou meer gesofistikeerd, maar dis veral die veiligheidseienskappe wat beïndruk. En toe ons die keer in gure weer gery het, het die flink masjien, goeie ruitveërs, ligte wat ver genoeg skyn, gemaklike sitplekke en ruim vensters van die Qashqai die riller-rit makliker gemaak. Prys: Acenta CVT R295 000.
Verwante artikels
-
Hoe klim jy in jou kar?
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Dit is baie warm, my kop is seer en ek wil so graag my amper drie maande oue baba vashou maar ons kry altwee erg warm. Ek is verstom dat die Kaap so warm kan word. Die hitte bring ‘n stilte oor die omgewing, alles en almal kry warm.
-
Motor v.d maand Daihatsu Terios
SARIE Julie 2010
-
Motor v.d maand Kia Cerato
SARIE - Junie 2010
-
Motor van die maand - Suzuki Swift Sport
SARIE - Januarie 2011
Te oordeel na die belangstellende blikke op die parkeerterrein agter ons kantoorgebou is dié tweedeur Suzuki beslis ’n laat-jou-oë-vonkel-motor.
-
Verdien geld deur rond te rits!
SARIE September 2010
Lus om 'n ekstra paar rand te verdien sonder om iets te doen?
















Kommentaar