sr1004lewedinge
Motors

Woema-wiele

Kyk, die manne (en sommige vroue) se koppe roer as hulle daardie geluid hoor. Dié woema-wiele beskik oor puik tegnologie sodat jy veilig is al Schumacher jy om die draaie, maklik kan parkeer en natuurlik in luuksheid ry. Ja, my wederhelfte het bespiegel oor wie dié soort ryding sal koop, want die Beemer is nogal bedrieglik. Dis ’n viertreksportnutsvoertuig, maar skuif jy agter die stuurwiel in, is hy ene vuurwarm-sportmotor wat die teerpad werk toe in tonekrul-opwinding verander.
Dis beslis ’n motor vir iemand met ’n stewige bankbalans, wat van luuksheid, spoed en krag hou. Maar waarom wou ek hom bestuur? Wie sê nou nee as ’n couture-skepping vir jou aangebied word.
(Die prys van die 4 modelle wissel van R747 500 tot R1 291 500.)