Motors

Motor van die Maand

Citroën C4 Aircross

Die Franse vervaardiger se sportnutsvoertuig is ’n ruim vyfsitplek-ryding met gerieflike sitplekke en genoeg pakplek, en dit hanteer heerlik in stadsverkeer. Skoonma en Wagter sal vir seker gereeld kan saamry. Daar is ’n keuse van twee of vierwiel-aandrywing (2WD of 4WD) en 3 afwerkings (Attraction, Seduction en Exclusive). Die afwerking binne is stylvol nuttig met beheerknoppies vir die radio op die stuurwiel van al die modelle. Die agterste sitplekke kan 60:40 platvou vir ekstra pakplek. Citroën het baie aandag aan veiligheid bestee. ABS-remme en EBD (elektroniese remverspreiding) is standaard vir alle modelle. Die aantal lugsakke wissel na gelang van die model.

Prys: Attraction 2WD-handrat R269 900, seduction 2WD-handrat R294 900, seduction 2WD CVT R309 900 en CVT exclusive 4WD R369 900.