Motors

Motor van die Maand

Ford Focus ST

Mamma, ek wil ‘n Ford hê. Ja, ‘n nuwe Focus ST. En waarom? Dié blitsige ryding spel opwinding, gemak en spoed – net wat ‘n vrou nodig het as die lewe jou druk of jou baas onmoontlik raak. Wanneer jy agter die stuurwiel inskuif en jou sit op die sportiewe sitplek kry (dit hou jou sommer vas om die draaie), kry jy so ’n lekker Sebastian Vettel-gevoel (die Formule 1-koning). Jy besef as jy nou die petrolpedaal van die 2 liter-ecoBoost-masjien intrap, gaan die manne met hul viertrekwiele wat so boelierig bestuur, sukkel om jou in te haal. Want dit moet jy weet, bestuur jy ’n Focus ST (Sport Technologies), is daar dikwels ‘n snor op jou hakke wat jou wil verbysteek. Verskeie lugsakke, ’n elektroniese stabiliteitsprogram en brandstofverbruik van 7,2 liter/100 km is deel van die Ford se aantrekkingskrag.

Prys: R309 661 (GTDi sT1).