sr1305 lewedinge
Motors

Motor van die Maand

Perfek vir die Kalahari se sandpaaie!

Trailblazer 2.8 LTZ 4 x 2 AT

Daar’s deesdae al hoe meer sportnutsvoertuie op ons paaie, en te oordeel na hul veelsydigheid is dit begryplik. Een van die nuwelinge is Chevrolet se Trailblazer – lekker hoog op sy voete met gerieflike sitplekke en baie ruimte. Met die agterste twee sitplekke van die sewe platgevou (van die model hierbo), is daar genoeg pakplek dat ook skoonma en die kokketiel in sy kou vir die naweek kan saamgaan see toe. Op die langpad en in druk verkeer het die voertuig gemaklik hanteer. Die outomatiese dieselmodel (R429 900) het seepglad van rat verwissel en parkering in ’n ondergrondse parkeerruimte is makliker gemaak met sensors. My oog is nou op die Trailblazer se 4×4-boetie (R476 900) om die sandpaaie van die Kalahari aan te durf. Die Trailblazer is ook onlangs deur CAR Magazine en sy lesers aangewys as een van hul 12 beste kopies vir 2013 – naamlik die “Top Buy” in die kategorie vir groot sportnutsvoertuie.