Motors

Motor van die Maand

In ‘n klas va sy eie!

Renault Clio 4

Woelig met styl en pizzazz – dis verseker Renault se Clio 4 (3-silinder-66 kW-turbo). Uitgevat met slim tegnologie en hope innovasie sorg dié Fransman dat oud en jonk weer ’n keer kyk. sedert die eerste Clio die paaie aangedurf het, het die motor wêreldwyd verskeie pryse verower. en die nuwe Clio 4 is in ’n klas van sy eie – die stilering en al die moderne tegnologie het die tonge los. Hoe klink spoedbeheer, USB- en Blue Tooth-koppelings, aanboordrekenaar, aansitkaart, aBs-remme, elektroniese remkragverspreiding en verstelbare stuurwiel? om nie te praat van die flinke turbo-enjin wat liggies sluk nie. die vyfdeur-Clio Turbo expression het sitplek vir 5, die voorste vensters is elektries en die prys is R174 900.