Motors

Klein en kompak – Suzuki Alto

Klein, kompak, min tierlantyntjies en spartaanse brandstofverbruik van 5.7 liter/100 km. Dié kordate wiele is gemik op stadsbewoners wat hul begroting dophou, maar op die bedrywige N1 Paarl toe het die Alto gewys hy is tot meer in staat as smal stegies en die stop-staan-verkeer van die Kaapse middestad. Kragstuur, lugversorging en 2 lugsakke is standaard. Die GLS-model het elektriese vensters, ‘n sentrale sluitstelsel, misligte an ABS-remme met remhulp. Twee loskopstutte sal moeilik agter inpas, want die beenruimte is meer geskik vir ‘n model. Die kattebak is klein, maar die agterste sitplek kan 50/50 platvou sodat jy ‘n paar groter items kan inpas.
Die GLS kos R119 900.