Motors

Motor van die maand

Hy’s klein, kompak en stadslim. Lugversorging, sentrale sluitstelsel, kragstuur, elektriese vensters voor, sitplek vir 4 en taamlik pakplek. Die 1.2 liter-masjien mag nou dalk nie in Rubens Barrichello se smaak val nie, maar nie almal wil met die wind meeding en boonop spoedboetes kry nie. As dit kom by petrolverbruik en maklik parkeer, is daar nie baie modelle wat kan saampraat met die i10 nie. Danksy die ekonomiese petrol-verbruik – 5.6 liter/100 km en 132 g koolstofdioksied/km – behoort die stadsmotor gewild te wees. Daar’s nou ook ‘n 1.1 liter-model beskikbaar. Maar Hyundai, wat is die kans op ‘n mooier naam – i10 doen dit nou nie eintlik nie?
Prys: R112 900 vir handrat en R122 900 vir outomaties.