Dinamies en sportief
Foto’s: Verskaf Galery
’n Stasiewa val nie in elkeen se smaak nie, maar die outomatiese Tourer 2.2 i-DTEC met sy dinamiese en sportiewe stilering het 3 van ons in die saamryklub blinkoog gehad.
Honda gee nuwe betekenis aan die woord stasiewa. ’n Paar manne wou ook weet “hoe ry hy?” Die outomatiese diesel-motor klink nie soos ’n diesel nie en die suinige brandstofverbruik is ’n groot pluspunt. Ratoorskakeling verloop ook seepglad. Hoewel dit ’n groot motor is (ja, jy kan 4 groot tasse agterin laai, of nog meer items as jy die agterste sitplekke platvou), hanteer en parkeer die Tourer maklik. Vir veiligheid is daar o.m. sluitweerremme (ABS), remkragverspreiding, noodrembystand, lugsakke, misligte en reënsensitiewe ruitveërs.
Prys: R402 900.
- Foto van QuickPic
Verwante artikels
-
Naas Botha gesels met ons en wys sy foto's
SARIE - November 2010
Op die ou end van die dag is hy ’n rugbylegende wat wéét waar sy lojaliteit lê. As Naas Botha vandag terugkyk, is daar net een ding waaroor hy spyt is.
-
Watter celebs hou almal van gholf speel?
SARIE Julie 2010
Louis Oosthuizen, wat die legendariese Skotse gholfbaan, St Andrews, in die 2010 Ope Kampioenskap getem het, het ons só geïnspireer dat ons gaan kyk het watter ander celebs ook graag tyd op die gholfbaan deurbring.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd