Gewilde Golf
Suinige brandstofverbruik en hope veiligheidskenmerke (o.m. sewe lugsakke en ABS-remme met remkragverspreiding) is maar ’n paar van die eienskappe waarmee dié Volkswagen Golf 1.4 TSi spog.
Voeg hierby die moderne, sportiewe ontwerp en goeie padhouvermoë en dis duidelik waarom die Golf gewild bly. Vier van ons het gerieflik in die diesel-model gependel. Die afwerking binne is sag op die oog, die motor hanteer maklik en die uitsig is behoorlik. Die bekerhouers vir oggendkoffie het gehelp met die druk N1- verkeer, maar dis die op-en-wakker-masjien wat ons beïndruk het. Hy’s in ’n klas van sy eie.
Die beskikbare 1.4-modelle is die Trendline (R227 900), Comfortline (R238 400) en Highline (R272 900).
- Foto van Motorpics
















Kry jou SARIE oral, enige tyd