Motor van die maand - Soul-sista
Foto’s: Verskaf Galery
Hey sista, go sista, soul sista . . . ’n lekker wikkel-liedjie uit die rolprent Moulin Rouge, so reg in die kraal van die jonges. Ook presies die mark wat Kia in gedagte gehad het met die Soul. Dié crossoverwiele – dis nou iets tussen ’n bonsaibussie en ’n sportnutsvoertuig – is ’n nuwe nismark vir Kia. Dis ’n ryding vir branderplankryers, ma en kroos, pa en sy gholfsakke, die hele aktiewe klomp. Op die oog af lyk sy taamlik vierkantig, maar daar is ruim plek vir 5 volwassenes, en taamlik pakplek. Dis slegs met ’n 1.6 liter-petrolenjin beskikbaar, maar ’n diesel-meneer is glo op pad. Die Soul hanteer gemaklik in verkeer en met slegs 2 van ons kon sy die heuwels van Durbanville maklik kafdraf. En as jy hou van iets anders, kan jy vir jou graffiti bestel om op die kante aan te bring – jou Soul-sista kan dan haar eie siel op haar mou vertoon.
Die prys: R189 995.
- Foto van QuickPic
Verwante artikels
-
Motor v.d maand Kia Cerato
SARIE - Junie 2010
-
Motor van die maand - Suzuki Swift Sport
SARIE - Januarie 2011
Te oordeel na die belangstellende blikke op die parkeerterrein agter ons kantoorgebou is dié tweedeur Suzuki beslis ’n laat-jou-oë-vonkel-motor.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd