206418_full_hires
Motors

Motor van die maand

Sy’s chic aangetrek, lig op haar voete en met haar kan jy bedags gaan werk en saans gaan flankeer.  Die mooi nooi/meisie  is Citroën se DS3 VTi 82 Design.  En meer as 200 000 mense wêreldwyd stem saam. 

Citroën DS3 VTi 82 Design

Sedert die Citroën DS3 drie jaar gelede die mark betree het, het kopers gewys hulle hou van die motor se ontwerp, styl en innovering. Die DS3 het nog altyd verskeie kleurkeuses  en –kleurkombinasies gebied – die toetsmodel se dak was pers en die res roomkleurig – en nou is daar ook Moondust metallic grey en Infini blue by die kleurpalet gevoeg.  Die 1,2-liter-driesilinder-enjin drink so fyntjies soos ‘n loopplank-model en volgens Citroën kan dit so laag soos 4.6 liter per 100 km wees.  

Maar die model-lyf het genoeg ruimte binne vir 4, glip gemaklik deur die  stadsverkeer en op die oop pad moet jy ligvoets ry, want daar’s woema genoeg om die verkeersmanne se bloeddruk op te stoot.    

Citroën DS3 VTi 82 Design 

Prys: R199 900.

Nog feite:

Maksimum spoed   174
Versnel 0 – 100 km/uur (sekondes)  14.2
Brandstoftenk    48 liter
Kattebak   285 liter
Kattebak met agterste sitplekke plat 980 liter