Motors

Vinnig en lig op petrol – die nuwe GWM C20R

Getoets deur Alida Vos

Die naam van Great Wall Motors se nuweling maak jou nie juis opgewonde nie, maar as jy agter die stuurwiel inskuif en die C20R sy ry ken tussen onbeskofte Kaapse taxis en selfs die vinniger verkeer op die N1 dat jy respek kry vir die Chinese ryding.  Dis nou nie die speelding van ‘n formule 1-renjaer nie, maar vir iemand wat elke dag 120 km pendel, het die  1.5 l enjin  genoeg spiere vir  verbysteek, en dit terwyl jy gemaklik sit, goeie sig het en die petrolverbruik (7,7 liter per 100 km)  jou nie platsak laat nie.

Die bestuurdersitplek se hoogte is verstelbaar, asook die stuurwiel. Daar is lug-reëling, kragstuur, elektriese vensters en kantspieëls, hoof- en parkeerligte waarvan jy die hoogte kan verstel, parkeergonsers agter en dan kan die agterste sitplekke  nie net platvou nie, maar ook ‘n bietjie vorentoe skuif sodat agterste passasiers gemakliker sit.  Fasionistas sal hou van die kleure beskikbaar – oseaanblou, esdoringrooi,  pêrelswart, lugsilwer en titaniumwit.

Veiligheid is nie afgeskeep nie. Lugsakke en ABS-remstelsel asook elektroniese remverspreiding (EBD) en nood-remhulp (EBA) is standaard.  Isofix-hegstukke vir ‘n kinderstoeljie is agter beskikbaar en deurslotte keer klein vingertjies .

Teen R154 900 kry die C20R heelwat regmerke.

228051_Full_HiRes