sentra 1
Motors

Betroubare Nissan Sentra vol nuwighede

Getoets deur Alida de Vos

Ons ken die naam al jare, maar die nuwe Sentra is ‘n  ryding propvol nuwighede.  Ons praat van styl, ekonomiese brandstofverbruik, ruimte en voorkoms wat die grimmigste skoonma sal laat glimlag.

Die motor is ruim binne, die 1,6 l-enjin is kookwater in druk verkeer en op die oop pad. Vir veiligheid is daar ses lugsakke, ABS-remme en elektroniese remkragverspreiding (EBD) ,  deure sluit outomaties, ISOFIX-monteerpunte vir kinderstoeltjies is standaard en daar’s ook driepuntsitplekgordels.  Die brandstofverbruik van 6,6 l/100 km is ‘n pluspunt  en verseker ook die ruim kattebak.  ‘n Sentrale sluitstelsel met afstandbeheer, elektriese ruite voor en agter, elektroniese kragstuur met stuurbeheer en ‘n ritrekenaar en Bluetooth sal punte tel as jy jou lysie begin maak voordat jy die bankbestuurder gaan spreek.

Die Sentra is in ses kleure beskikbaar: wit, en pêrelwit , donkergrys, silwer, rooi en bruingrys en as vyfspoedhandrat of CVT.    Die waarborg en padbystand is driejaar/100 000 km.  Prys: R230 900 (handrat).

sentra 3sentra 2