Motor van die maand - Suzuki Swift Sport
Te oordeel na die belangstellende blikke op die parkeerterrein agter ons kantoorgebou is dié tweedeur Suzuki beslis ’n laat-jou-oë-vonkel-motor.
En dis nie net die digitale generasie wat blinkoog raak nie. Hoewel die sitplekke agter effens beknop is (ja, ek weet dis ’n sport-model), het 4 volwassenes gemaklik ingepas vir ’n plesierrit Franschhoek toe.
Swart leer, rooi stiksels en blink pedale verklap in die binnekant meer van die sportiewe DNS, maar dis as jy so bietjie die petrolpedaal trap dat jy agterkom hierdie kalant het genoeg woema (1. 6 liter) om ’n paar verkeersmanne besig te hou. ABS-remme, remkragverspreiding en lugsakke sorg vir veiligheid en die voorste sitplekke en stuurwiel is verstelbaar.
Pakplek in die bagasiebak is nou niks om oor huis toe te skryf nie, maar die agterste sitplekke kan platslaan om iets groters te vervoer. Prys: R199 900.
Verwante artikels
-
Motor v.d maand Daihatsu Terios
SARIE Julie 2010
-
Motor v.d maand Kia Cerato
SARIE - Junie 2010
-
Motor v.d. maand - Audi Q7 TDI
SARIE - Mei 2010
-
Motor v.d. maand Nissan Qashqai
SARIE Augustus 2010
-
Motor van die maand - Soul-sista
SARIE - September 2009
















Kommentaar