204548_full_hires
Motors

Motor van die maand: Toyota Auris 1.6 XR

Ja, my buurman het 2 keer kom kyk toe ek met  die Auris stilhou, want sien die verjongingskuur van Toyota is duidelik sigbaar en hy  moes hom net kom vergewis. Die motor (sitplek vir 5) lyk nou meer dinamies en slanker, maar skuif jy agter die stuurwiel in kom jy agter hy is ook lewendiger – 6-gang-handratkas wat ry-sake baie plesierig maak. Die laairuim is vergroot en as jy die agterste sitplekke (60:40 verdeling) platvou, het jy 360 liter pakplek. Allerlei kleiner pakplekkies, sonbrilhouer, klerehake, asook twee 12-volt-kragsokke en ‘n hulpsok vir eksterne toerusting verbeter jou reistyd. 

Toyota Auris

Die XR het afstandbeheerde sentrale sluiting, lugversorging, klankstelsel met CD-speler, iPod, USB, Bluetooth en eksterne klankkoppelings, leerbekleedsels, spoedbeheer, verhitte sitplekke voor, sleutellose toegang en ‘n aansitterknop. Al die modelle in die Auris-reeks is toegerus met ABS, EBD en remhulp, lugsakke vir die bestuurder en voorste passassier, sowel as kantlugsakke voor. Die XR-modelle het ook gordynskild-lugsakke sowel as ‘n knielugsak vir die bestuurder. 

Die nuwe Auris is in 6 kleure beskikbaar, wat twee nuwes insluit – Avant garde Bronze Metallic en ‘n oranje wat gepas Infero Metallic genoem word. Prys: R254  500.

Nóg Auris-feite

Enjin: 4-slinder, 1,6 liter

Passassiers: vyf

Brandstofverbruik: 6.8 liter per 100 km

Pryse: 1.3 X – R196 000 (BTW ingesluit)

            1.6 Xi – R218 600

             1.6 XS – R229 700

            1.6 XR CVT – R266 900