sr1005lewedinge_1_
Motors

Motor v.d. maand – Audi Q7 TDI

Sowaar, die dag om liries te raak oor wiele, diesel en ‘n stuurwiel het vir my aangebreek toe ek die Audi Q7 TDI kon bestuur.

Kyk, ek was benoud, want dis ‘n duur sportnutswa en deesdae is die N1 wilder as die wildtuin. Dié Audi (masjien, ontwerp en afwerking) is pure Cape Grace-styl – gesofistikeerd, en moenie met my sukkel nie. Die leersitplekke, al 7 van hulle, is gemaklik, en die agterstes vou plat vir baie pakplek. Ons kon ‘n witwaterkano agter inpas én een volwassene. Die outomatiese ratkas is puik vir vinnig versnel en ook in stop-en-ry-verkeer, maar dis eintlik op die lang pad dat die Q7 tot sy reg kom. En dít boonop met uiters ekonomiese dieselverbruik. Met die druk van ‘n knop kan jy die Q7 se hoogte bo die grond aanpas sodat jy rowwer paaie kan aandurf – dis nou as jy dit oor jou hart kan kry om die boendoes met dié Casanova aan te durf. Die prys laat wel jou oë rek, maar jy kry alles waarvoor jy betaal: R644 500 (3 liter) en R796 500 (4.2 liter).

  • http://caagqvdpfood.com/ aszcfa

    vbgn9S ocflqjutsytu, [url=http://ckojlgvvmtlj.com/]ckojlgvvmtlj[/url], [link=http://iuumdbmygunt.com/]iuumdbmygunt[/link], http://sbljuvijpufs.com/